Wilma Stockenström -Die bome my vaders en moeders

Illustrasie: Bloekombome, Sydney Carter, 1874-1945

Die bome, my vaders en moeders,
se lang gespierde arms,
se groot groen rokke,
se kinders by dosyne,
se optog van bloeisels in die parke en langs die strate,
my vaders en my moeders, die bome,
ek slaan my arms om julle,
druk julle blare teen my wang
en vou jul geur soos ‘n doek om my hare.
Bly goed wees vir my.

Vir die bysiende leser
1970

Advertisements

Kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s